Ek Wil

12 Apr 2005

jls
Ok guys and gals, I know this is an English poetry site and I have tried to write this in English but I just cant seem to get the flow and rythm. Maybe one of you bilingual poets can translate it for me?
Ek wil 'n drankie hê
Ek wil vyftig drankies hê
Ek soek soek 'n pyp en rock
Ek soek 'n lang vet streep meth
Ek soek tien skote LSD
Gee my iets. Enigiets!
Dis nie maklik nie
Ek soek bitter hard na iets ... enigiets
Ek soek, begeer, soek, begeer -
Genoeg om my bewusteloos te maak
En my van die dowwe, verdomde pyn te laat vergeet
Die donkerste donker, die swartste swart,
Die diepste, diepste aaklige gat.
Die woede staan op uit sy slaap en skreeu
My neus beweeg na die sterk bruin alkohol
Ek ruik die dampe wat van die blink oppervlakte styg
Ek kom tot stilstand wanneer my neus aan die vloeistof raak
Die lieflike geur van die niet, die fel stank van hel!
Die woede skreeu, tel dit op, tel dit op
Die woede skreeu, drink dit, drink dit
Ek moet 'n besluit neem, en dis 'n eenvoudige een
Ja of Nee .......

Generic

Generic

47

0

jls

Find out more about jls.

Poems by style

Poems by content

Archive

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.