Rëen

17 Mar 2007

Poerra
Deur ‘n venster glim die stad  
       druppels teen die ruit omsluit
          die liggies van verraad 
        wat ontkiem het uit die lus
              vir geld en mag
              waarna hul smag
              wie kan ontsnap
            uit hierdie leë hap
               van die dood
                 se brood?
         Tussen stegies van beton 
       Waai papiere rommel pakkies
         En word dwelmsmouse vet
        Deur versmagtinge en leed
               Om op te eet
           Die kinders van hul
               Wat vergeet 
                Om te meet
               Die gevolge
                Van daad
                     Iewers stil
                   In die bosveld
               Verwyder van die swam
            Van lewenslam verwrongenheid
       Suig ‘n bokkie aan die speen van mamma
        Soos sy kou en asem vry na asem inhaal
En rëen die druppels groot en fris op lieflik groenigheid
         Na lank se wag, en sink die water diep 
           in Aardbodem om weereens te ontsnap
     Stroomaf in ‘n fontein wat opskiet na die son
                Wonder van die skepping
                  Mis ons elke dag
                  Hier in die stad
            Die gewillig tralies
             Van ons eie vernuf
               Sit af die lig
                En laat ons 
                  Sluimer
                   Slaap

17 Februarie 2007

Free Verse

Metaphorical

4

0

Poerra

Find out more about Poerra.

Poems by style

Poems by content

Archive

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.