Somer

24 May 2007

Heinrich
Ek skryf aan Anna;
wat (ge)dag(te) na ge(dag)te
die sin van die Sin ondersoek, en
lewe in die woord blaas
selfs al was die woord eerste, 
want jy is die alchemis
van woord na mens na Muse.
Ek skryf aan die Dromer
wat telkens in 'n nuwe godin verbeeld
soos planete nooit
ten volle ontdek kan wees,
selfs wanneer 'n mensdom hul heil
besin, want
Mars maak oorlog en Jupiter:
liefde.
Ek skryf aan die een wat drink
saam met Sigma en Theta;
wat begryp dat die weë
begrens is
met drade en kastele,
hul fondasies gelê deur
digters, denkers en Lot.
Ek skryf aan die outeurs van die klei-woord;
damme en turfberge,
die wind wat die landskap erodeer tot die wese 
wat bestaansreg langs die meander kan eis; en
eindelik;
'n skrif wat
die vyeboom olywe laat dra.
Aan julle skryf ek:
die winter is hard en 
Augustus vol stof,
maar die indruk van Somer
is blywend
soos 'n silwer skulp-spiraal
ingebed in wit marmer.

Free Verse

Metaphorical

3

0

Heinrich

Find out more about Heinrich.

Poems by style

Poems by content

Archive

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.