Kyk uit vir die duiwe…

12 Oct 2007

Lagwagon
Soos die sand van die see,
so is die voels om ons heen.
Daar is ‘n groot en sterk arend,
en ‘n  wyse ou uil,
‘n vlugtige swaeltjie,
en ‘n skelm ou reier.
Die patrys groet die dag,
soos geen ander kan,
die visvanger is getooi,
en niks is so mooi.
Tog uit al die hordes, verkies ek ‘n duif -
dalk nie so slim nie,
en dalk nie so mooi nie.
Hy maak  daarvoor op,
vra maar sy vrou.
Soms is sy hartseer,
en soms is sy blou.
Hy kan dit verstaan,
soos geen ander ou.
Hy paai haar dan mooi,
en gee vir haar hoop.
Sy is altyd gelukkig -
sy is sy nommer een.
‘Liewe duif, ek beny jou - 
jy is so opreg lief,
vir jou hart se dief.
En die beste van als…
sy weet dit.’

Free Verse

Love

1

0

Lagwagon

Find out more about Lagwagon.

Poems by style

Poems by content

Archive

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.