Vir altyd

18 May 2007

Monica
Vader U alleen sien die woestyn in my siel
U weet hoe is ek , U kind al deur die wêreld en mense verniel
Pappa somtyds word ek so deppressief en moeg
As ek deur die seerkry van my lewensvelde ploeg
Pappa ek voel baie keer tussen mense eensaam
Al is dit nie so, voel dit telke male of ek alleen staan
Pappa, U sien die krake en gate in my hart
God, ek is deurmekaar, verstrooid, verward
Dra my, vat my hand, lei my op die lewenspad
Verlig die wandel van die pad wat U wil hê ek moet stap
U sê U is lief vir my
Dat U my nooit sal verlaat nie , en dat U altyd by my sal bly
Laat my dit asseblief altyd onthou
Veral in die tye wanneer ek val en wil vou
Bly asseblief by my Here, vir altyd en ook nou...

Rhyming

Spiritual

2

0

Monica

Find out more about Monica.

Poems by style

Poems by content

Archive

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.