Alles Op Sy Plek

04 May 2006

·koontz

Ek light my sigaret, en ek dink aan al die ornamente wat ek saam mee leef. Die ornamente kyk na my, maar ek kan hul nie gebruik nie. Hulle is tog juis net dit, ornamente, wat op hul plek hoort, op sonbeligte kaste, en in die middel van die tafel, en op die kombuisrakke, om alles mooi te laat lyk… Ek vat ‘n trek van my sigaret, en ek dink aan al die meubels, saam met wat ek moet leef. Die meubels soek na my, om hulle te gebruik. Hulle is tog juis net dit, wat op hul plekke hoort, in sitkamer en slaapkamer en kombuis, ja hy kyk noord, die meubels staan oral, sodat ek hul kan gebruik… Ek maak my sigaret dood, en ek dink aan al die mense, saam met wie ek moet leef. Die mense het my lief, want ek het hulle nodig. Maar hulle is meer as net dit, en het geen spesiale plek nie, die een hoort aan my hart, en die ander aan my kop, maar mense is so nietig, hul gaan dan heeltyd dood…

8

0

koontz

Find out more about koontz.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.