Amnesia

25 Jul 2005

·gummo

Ek kannie vandag Coke drink nie want dit smaak na die drank van gisteraand. Die son skyn vlouerig deur die gordyne van my kamer, maar ek kannie my oë oop vorseer nie! Hoekom doen ek dit aan myself? Die antwoord lê iewers in die landskap van my verlies. My verwronge sin van logika sê dat as ek sleg voel ek te occupied sal wees om aan jou te dink. Ek is op ‘n destruktiewe tog van vergeet van jou! Ongelukkig werk dit nie so nie. Die volgende oggend is jou gesig die helderste van almal deur al die dranknewels gesien. Jy staan uit soos ‘n glimlag in die gebroke, gepynigde dag. Ek vee jou gesig uit soos wat ek nog ‘n rum en Coke skink. Ek lig die glas op, en van deur die donker vloeistof gesien vervaag jou gelaatstrekke verder. Totdat ek jou môre-oggend weer moet groet as ek die dag pynlik omhels.

22

0

gummo

Find out more about gummo.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.