Beskadig

06 Oct 2006

·wndrbees

Selfsug verby, lees jou gevoelens, ek is mislei met 'n halfhartige stap en so rook ek my patetiese grap. Diep gekyk in jou oë, so gelukkig het amper myself verloor, geluk kort van draad en slaan my teen die gesig raak. Nou het ek net 'n uitgerekkte hemp, 'n selfmoord familie en my gedagtes geskend. Ek is goedkoop, maklik en sal maklik enigeiets doen, my grappe is so flou en intelligent, ek sal enigiets sommer verdoem. My lewe gaan klick, my kop draai om, my gesig is stukkend en ek kyk die oneindige vrystaat pad aan, met trane agter my sonbril oë. Musiek in die agtergrond keer die dreun van gedagtes, my kop knik, ek wens ek wil verstik, verstik in my illusie van 'n gelukkige dag. Die son skyn deur hierdie versnellende kar, langs my lê iemand, 'n meisie wat my liewers net moet verban, ek kyk reg deur, die keer met hangover oë, ek voel niks, eks niks meer nie, en dit kan jy hoor. Meer verward as wat ek ooit gedink het ek kan wees, niks help regtig, so ek sal maar niks wees.

7

0

wndrbees

Find out more about wndrbees.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.