Dead Men Walking (Afrikaanse gedig)
Die lyke hoop op, die lyke hoop op! Henry Nxumalo se slaggate loop oor, Waar is die freedom fighters wanneer skebengas moor? Nege persent, net nege persent Wat hul medemens skend. Om beskerming het nege-en-sestig persent hul na die ANC gewend, Wat met Judas-soen Stemme gevat het, sak gedruk Om in stomme stilte te verstik. Die lyke hoop op, die lyke hoop op! Mbeki het die vigstoets gedop De bloedige hand erft geen goed Maar nageslagte erf sy minagting; Sy erflating is kinderhuishuidinge En mag hulle by hom spook Tot in der ewigheid en daarna ook Mag hy hulle lot herleef – Mbeki en sy weeskinders, verewig verweef. Die lyke hoop op, die lyke hoop op En die ANC bekruip sy eie stert - Messe is uit vir die comrades; In hulle eie bors wemel dit van slange, COPE will hulle pootjie want hul is bang, Maar waarvoor hul regtig moet pasop Is vir die lyke want hulle staan op! Suid-Afrika staan op en na jare se misbruik Gaan die mense van Suid-Afrika die ANC fnuik. Ja die stemme hoop op, die stemme hoop op! Die dag vir verantwoording kom En die ANC staan tereg In 2009 sal Suid-Afrika sy lot seg.
1
0
Anglaran
Find out more about Anglaran.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content