Die boemelaar se mier
Tussen die haartjies op sy hand, Die swart stippel op ‘n pas; Ongeerg deur gadedood En kindergraffies in die gras En soos hy tuur na hierdie dier En tob oor opstaan uit die steeg En tog se voortgaan, miskien te leef Sien hy die bottel, langs hom, leeg Met ‘n draai van duim en hand Le die mier, vermorsel in die sand En staan hy wel op uit die vrot Om weer sy siel vir drank te pand En so het weer ‘n oomblik lig Die duister van sy moed gestig Maar hy't die sirkels van die rou Maar net met dikker mure omgebou
13
0
Poerra
Find out more about Poerra.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content