Die boemelaar se mier

03 Nov 2006

·Poerra

Tussen die haartjies op sy hand, Die swart stippel op ‘n pas; Ongeerg deur gadedood En kindergraffies in die gras En soos hy tuur na hierdie dier En tob oor opstaan uit die steeg En tog se voortgaan, miskien te leef Sien hy die bottel, langs hom, leeg Met ‘n draai van duim en hand Le die mier, vermorsel in die sand En staan hy wel op uit die vrot Om weer sy siel vir drank te pand En so het weer ‘n oomblik lig Die duister van sy moed gestig Maar hy't die sirkels van die rou Maar net met dikker mure omgebou

13

0

Poerra

Find out more about Poerra.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.