Die girl van nommer 17.
Daar’s ‘n meisie op die eerste vloer, wat skuins oorkant my bly. Sy’s my Lisa, soos in Koos se song, wat hartelik sing vir my. Ek dink nie dat sy weet nie; dat ek altyd na haar luister. In haar stem is daar ‘n song van ‘n engle-koor se fluister. Dit maak my dag, dit maak my nag: Om haar net te hoor. Die soetste stem soos heuninkoek wat ‘n swaar hart kan bekoor. En as haar stem so hoog uitstyg uit hierdie land waar hordes lei... dan kan ek vir ‘n oomblik dink, dat als is dalk okay.
21
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content