Die greep.

27 Jul 2005

·gummo

Dis tog sekerlik nie nodig om myself voor te stel, ons almal weet tog immers wie ék is. So kom ons los dan die bekendstellings en formaliteite; ons weet ook almal hóékom ek hier is. Ek ken elkeen van jul name Meneer en Juffrou, al herken jul dalk nie eintlik my gesig. Ek’s die ene langs jou in die banke, poskantoor en restaurante... eintlik is ek oral, nou dat ek daaraan dink. Ek weet van jul diepste wense, nagmerries en vrese ( Ek speel gewoonlik ‘n sleutelrol daarin! ) Ek weet van al die skete, pyne en grense... Ek ken jou beter as wat jy jouself dalk ken. Daar’s ‘n prominente seksie in elke Geskiednisboek waar kindertjies kan leer van my, en só op ‘n jonge ouderdom maak hul kennis met my vennote: Idi Amin, Hitler en Hussein! En álmal moet ook eendag die pad van alle vrees saam met my stap. Ek is die Dood, my liewe leser, en niemand kan van my greep ontsnap! Moet dit asseblief tog nie beskou as dreigement en dies meer. Dit bly ‘n feit my liewe leser, al maak dit ook hoe seer. Vind eerder vertroosting in die feit dat jy nie gaan weet wanneer ek my afspraak met jou sal maak. En moenie dat dit jou verder kwel, of inmeng met jou slaap. Tot weersiens liewe leser...

19

0

gummo

Find out more about gummo.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.