Die wit roos
‘n Groot roosboer, pluk daagliks duisend rose en stuur hul na die mark. Hy doen dit al vir jare. Tog uit al daai rose, bly daar een hom by – die mooiste van die lot. Sy het die groenste blare, en die slankste steel. Selfs haar sagte dorings, wil ‘n mens net streel. Sys wit soos sneeu, en fyn soos satyn. Bekoorlik vir die ander, die lady van die lande. ‘n Roos soos daai is min, jy kan haar nooit weer kry. Die mooiste van die rose, Adri, dit is jy.
3
0
Lagwagon
Find out more about Lagwagon.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content