Dis ek!

14 Apr 2005

·Yogibear

Wie is die grysaard, daar op die stoep... Die vent wat hard snork, hande op boep! Met wie dink jy nou, skeer jy die gek? Ontbreek jou verstand?...jy weet mos dis ek! Wie sleep sy voete?...lyk baie traag... Wie is so mislik?...dit is die vraag! 'n Droewige drol,in hierdie omtrek... Jy hoef nie te vra nie...dit is mos ek! Wie sit daar rustig, met 'n glas wyn, Wat alles verdoof, die leed en die pyn! Kinders al groot, vrou hom gelos... Ja, dit is ek...dit weet jy mos! Wie sing so hardop?...niemand is doof... Wie is so laf?...van sy sinne beroof! Wie was met weduwee, by die voorhek? Jy hoef nie te raai nie...dit was mos ek!

10

0

Yogibear

Find out more about Yogibear.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.