Droomdrang
Daars iets pragtig aan ‘n tros papiere Wat soos ‘n waterval aan tafel hang En brand die skrywers laataand vure Tot klaas vakie hom kom vang Dan verdwyn die ritmies woordsang In die vlae van die slaap Wat soos stortbui aangedrywe Binnekant sy vensters hang En daar vloei saam gedagtes Wat sou hy dit onthou sy vleispot voller, en hom Om warmer vure vou. Maar nou is hy gedwee Oorgegee aan wat die dageraad Hom toelaat om vir poësie In tros papiere uit te gee
10
0
Poerra
Find out more about Poerra.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content