Ek het geloop.

09 Jul 2006

·frinkels

Ek het geloop, maar nooit geweet wat ek daar so los nie. Ek sit hier iewers weer langs die lange pad met afdraaie sonder myself. Nooit gedink dat ek weer hier sou beland nie. ‘n gevoel wat dood gegaan het, het begin leef in my maar ek het dit weer aan die graf verloor, vir die paaie het net te veel afdraaie gekry. En die afstand het ook net te veel geword. Ek het geloop sonder om te dink wat gaan die gevolge van my dade wees. Die dade was groter as my aksies maar die gevolge was daar. Iewers langs my pad het ek weer beland sonder ‘n pas. Met ‘n stukkie van myself wat nie meer daar is nie. Ek het geloop want die sand in die uurglas was op, maar as tyd kon stil staan wat kon ek doen. Ek was nie meer daar nie, so herinneringe is al wat ek nou het, Ek het geloop, maar nooit geweet wat ek daar so agter laat nie.

4

0

frinkels

Find out more about frinkels.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.