Ek mis jou
Soos blare in die herfsdoem waai En skemer om die berg verskyn Soek ek ‘n rusplek in ou Walvisbaai Met my tjorretjie swaar gelaai Alleen met visstok hoed en sak Vermis my siel jou samesyn Daar is geen ander meisiemens Wat hierdie sinnelik hart verswak So lank gesoek so kort geken; Al skryf ek myle met my pen En huil vir oulaas in my mou Sal ek jou vir altyd nog onthou Nou skyn die maan wit af op my; En veraf skreeu die jakkals hees En soek sy maat agter gwarrabos Hy sal haar eindelik tog kry Jan 22 07
5
0
Poerra
Find out more about Poerra.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content