Flentertjie
Flentertjie Sy is piere kind. Die onskuld self, gelukkig – opgewek, tot DIT haar oorrompel! Wanneer sy na aan hul is, is hul liefde, vertroue en vriendskap genoeg om haar sterk te maak en weerstand te bied. Maar wanneer hul ver is slaan DIT toe! Soos ‘n dief in die nag, pen DIT haar vas en dring in haar in. Die afstand, die kompos en die trane die reën. Elke keer word hul vaer, dowwer herinneringe -wat DIT verskeur en die flentertjies van hul nagedagtenis in die wind strooi. In die begin het sy die flentertjies nagejaag - opgetel en in haar handjies styf vas gedruk. Die flentertjies wat soos dorings vas suig en weg sink in die vlees van haar palms. Nou mank sy agter die flentertjies aan, sy kan nie meer hardloop - want haar lyfie is oortrek met die dorings wat al dieper in haar weg sink. Dit maak seerder om aan hul vas te klou as om hul net te vergeet en te laat gaan. Maar steeds bly sy mank, steeds bly sy hul in haar palms vasdruk, steeds bly hul haar deurboor. En die afstand, die kompos en die trane die reën. Sy is blind! Blind vir die wat haar wil help! Sy is doof! Doof vir die roepstemme van die wat omgee! Sy voel niks! Want die wat wil help, die wat omgee – maak te seer! Die kompos en die reën laat DIT ontkiem. DIT oorrompel haar, pen haar vas, dring in haar in en soos ‘n swam, ‘n pes versprei DIT deur haar. Skiet DIT wortel in haar. Bly DIT groei. Sy kners op haar tande, bal haar vuiste en pers die lede van haar oë styf toe -want die pyn in ONDRAAGLIK! Wanneer sy uiteindelik die moed bymekaar skraap om haar oë oop te forseer, lag DIT - maar haar oë lag nie saam nie. luister DIT - maar haar siel hoor lankal nie meer nie. sien DIT - maar sy is blind vir die toekoms. DIT OORHEERS HAAR! SY IS LANK REEDS DOOD! Desember 2006
3
0
Anon
Find out more about Anon.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content