gebroke sonopkoms
Die sonopkoms hier in my kop is rooi soos helder bloed. Ek maak my oë toe teen die vuur- skram weg vanaf die gloed. Elke oggend is ‘n stryd vir my wat eindig in ‘n misnoeë. Ek haat dit om so swak te voel, so moeg en so bewoeë. Die sonopkoms hier in my kop begin ‘n nuwe dag waarin ek net vir jou gaan mis en aanhou vir jou smag. Die sonopkomste het begin toe jy jou tasse pak. My dae’t verval in pyn in smart toe die son op ons twee sak.
9
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content