Geen Sisteem
Ek kan nie meer eerlik wees met myself nie. Hulle vat my op die dunste punt van my siel en trek my verby my slaap anderkant moeg. Almal jok vir hulleself,die konvensionele illusie volbring En betrek almal in die hoop vir more. Dit is 'n sisteem, dit wat kan wees, dit wat is, die mense of hulle drome of hoop. En ek is deel van die sisteem wat neig na die ekwilibrium van 'n illusie. -Die fading ekwilibrium van 'n illusie.- Almal rus, almal is so tevrede in die meta-stabiele ekwilibrium van 'n chaotiese Sisteem En ek skarrel rond in die meta-fisiese sisteem, vir my lewe, want ek hoop vir Die waarheid. Almal is so koud, die entropie van chaos is byna nul en ek voel alleen. En die res vibreer so vinnig diep binne hulleself, terwyl hulle fisies Stil staan,Stil Staan... Terwyl almal: Huil as hulle my sien, Want almal kyk almal altyd heeltemal mis en sien, Hulleself in die weerkaatsings van 'n bitter, warm, traan.
7
0
CuldeSac
What are words without understanding and what is understanding without sense?
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content
