Het ek DIT gese???
'n Bietjie ligsinnigheid moet ons soms verduur, Nou en dan lag, of ons lewens word suur. Hier's enk'le blapsies, waaroor ek my wou breek, Waar mense, onwetend, hul behoorlik verspreek! Die Dickens roman, met Londen, Parys, En onthoofdings wat jou hare laat rys! "Wat is sy titel?" word skooldogter gevra; "A Sale of Two Titties" sê sy, min gepla! Ontvangsdame groet, maar haar glimlag ontbreek; "Is jy miskien siek?.. jy lyk dan so bleek." Skielik haar hand aan haar kieste laat vat; Omrede "daars 'n groot tand in my gat!" Ekself het ander lekker laat lag, By middagete een somersdag. Twee kêrels wat fluister, in my rigting geloer; Ek vra :"in die vou, wat word gemoer?" Ek's ietwat jammer vir jong dame wat bloos, Baas wou sê: "tussen dorings,'n roos." In kantoor vol mans, sy's die enigste vrou, En hy't hom verspreek, en met skaamte berou!
6
0
Yogibear
Find out more about Yogibear.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content