HOFNAR
HOFNAR Met hul kleurvolle gesigte kom hul om te beïndruk. Kinderlike, klein, weerloos staar sy. Sy staar na hul met verwagting... Die bruin ogies word slagoffers van die mensdom en wens... om hoop om vertroue om liefde om vreugde en die oordrewe gevoel van ware geluk. Sy staar met verwagting... Net om later die letsels van die brande vuur van teleurstelling agter te hou. Met hul wit gelaat as basis kom hul rein voor. Tog so rein. Rein genoeg om haar vertroue te wen. Net om dit weereens, keer op keer te verbreek. Die vorms van hul oë mag dalk af en toe verander. Die keurvolle vorms van verleiding van MAG!! Die vorms wat haar betower, wat haar verniel, wat haar tot in haar diepste wese pynig, verander slegs af en toe, maar die seer nooit. Met hul rooineus streke laat hul die skare lag en sy huil alleen. Laat hul die skare skater en sy huil alleen. Laat hul die skare bulder en sy huil alleen. Haar wens om hoop vir die dag van môre, vermorsel. Haar wens om vertroue, vermink. Haar wens om liefde en vreugde Verdwaal in die skaterlag van die skare. Die bruin ogies verdwyn in die skare. Ogies vol seerkry,onkunde, naïwiteit en gebrokenheid - want die hofnar is blind vir dit wat hy aan haar doen. Die hofnar is behep met homself! Sy begeertes, om aanvaarding, om liefde, om vertroue, om vreugde. En die donkerbruin ogies verdwyn in die skare, want die hofnar is blind vir haar. Oktober 2007
5
0
Anon
Find out more about Anon.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content