Jy is my Reën
Vaal lê vlaktes om my heen, waai wind wolke dryf, nader en pak warm styf, só kom die reën... Die aanraking so sag en stil, laat al die elektries blits, wit na rooi word oorgeflits, weg dreineer alle wil. Die sagte klanke voer my weg, in die heimwee van jóú wêreld, jy is só ver, en tog so naby, wanneer gedagtes oor my stroom. Tog só waar dat ‘n klein sambreel, ‘n bietjie reën en baie tyd, Vaalheid kan omskep in groen, geheime blomme weer laat uitspruit. Kan jy nou sien dat as dit reën, is dit jy wat in my hart leun? 29 Oktober 2003
2
0
Camidria
Find out more about Camidria.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content