Kalwerliefde
Kort rukkies sit ons in ons jonger dae, ingeweef in mekaar, maar as hul klippies ophou blink, dan staan ons so verslae. “Nooit weer!” skreeu jou stukkende hart, nogsteeds dáár by hom of haar, “Hoekom het ek nie…” dit en dat, jy verdrink in al jou smart. Dis nie die einde nie! jy versamel dan die pêrels van hul wese, omvorm en soek onwetend, na ‘n baie beter keuse! Waarom dan jou tyd mors? op dit wat jy wéét gaan vaal, maar bou nié om jou ‘n kors, want jy sal word mal. Stamp jou kop, maar moenie terug kruip in jou dop, en as jou hart in skerwe lê, hou dan die pêrels wat jy wil hê… 2001
1
0
Camidria
Find out more about Camidria.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content