Marshmallow Meisie
Ek is jou swart swaan, meditasie trauma gereeld oor jou. My kop bloei aanhoudend van jou smaak, tonnels in my brein vernoem, my kleurvolle terug-dink-pou. Die kaptein van verdriet sal saam met sy skip sink, enige iets om net op te hou dink. Want saam met jou is ek alles, sonder jou niks, tog veg ek konstant om net te weet waar ek met jou is. Gebruik my alles-seggende liefde oor en oor waar ookal jy dit nodig kry, soos 'n sagte kussing wat jou altyd sal stut, soos 'n lekkertjie na 'n pakslae en 'n sjokolade om jou te help om groente af te sluk. Maar ek weet vir jou sal daar altyd so iemand wees, ek was al self daar en dit is snaaks hoe toeval in jou oor begin skree, net sodra jy iets kan voel. Goed groot gemaak maar jy kan nog baie leer, alhoewel jy dit nooit sal nodig kry nie, daars altyd 'n ou om jou val te keer.
5
0
wndrbees
Find out more about wndrbees.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content