My gedig vir Karla.
11h20: Die ou wat langs my in die biblioteek sit raak aggressief. Dit wil voorkom asof sy rekenaar nie wil saamwerk nie. Gevolglik stamp hy sy voete soos ‘n tweejarige met 'n nat broek en mompel onhoorbare beledigings gemik op alle Micrsoft personeel in die hele wye wêreld tot in alle ewigheid. Amen. Ek skuif liefs na ‘n ander rekenaar. 12h00: Ek’s besig om ‘n toebroodjie in die wandellaan te eet. Terselfde tyd is ‘n ou en sy meisie besig om ‘n woordewisseling te hê. Ek wil nie luister nie, maar ek kan nie anders nie wanneer hulle teen 120 desibels beskuldigings van ontroue soos messe oor en weer gooi. Ek gaan eet maar my toebie iewers anders. 12h15: Dit is duidelik nie ‘n goeie dag vir die samelewing nie, want almal frons. Oppad klas toe tel ek nie minder as 5 issegrimmige fronse nie. Almal kom baie ongelukkig voor. Soveel so dat ek nou die begin van ‘n plooi op my voorkop kan voel groei soos daai kraak in my huis se muur. 13h00: Klas was vervelig. Twee meisies agter my hou die hele tyd aan babbel soos ‘n borrelbad. Ek is nou verryk met die wete dat Mariaane en Jaco nie meer uitgaan nie omdat sy beter as die “bleddie-chauvonistiese-vark-wat dink-vrouens-hoort-in-die-kombuis- en-is-net-daar-om-kinders-te-baar-drol” verdien. Teen 14h00 is die kraak in my voorkop ‘n loopgraaf van smart waar klein army mannetjies verwoedelik teen my brein rebbeleer. Gevolglik gee dit my 'n hoofpyn van titaniese proporsies... ...totdat ek by die huis kom en ‘n sms van jou af kry. Jou woorde vul die gaping in my kop met mooi gedagtes, en ek blaas ‘n sug van verligting uit. Stadig maar seker begin 'n glimlag weer sy plek op my mombakkies te vind. Ek wens jy was hier by my.
8
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content