My genade
My genade Moeilik is die dag vandag- om van jou te verwag, om nie my geluk te versmaai, en nie my hart te verraai. Jy het my brein gekaap, En my hart opgeraap, tot my liggaam aan jou bemaak. Jy het oor my hele lewe gebraak. Soos 'n snoesige kombers- gemaak van purper en pers, Kon ek my kop neerle op joubors- sonder dat jy met my mors Nou baie jare later- het vader tyd sy engele vergader, en my vertel van moeder genade- om my te verlos van alsy bose dade. Te besef ek is werd om self te lewe- al maak dit my nou en dan bewe. More sal die son weer opkom- en 'n reenboog sal afkom.
5
0
AnitaG
Find out more about AnitaG.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content