My plaas
Ek sit op my stoep en ek hoor die hornbill se roep. Vroeg in die oggend met 'n beker sterk moer koffie. Wag ek vir die son om sy verskyning te maak en dat die dag besig raak, hier op my plaas in Afrika. Ek hoor die jakkals se laaste huil voordat hy gaan inkruip en skuil. Ek ruik die reuk van die plaas die vars more reuk soet en klam. Ek sien die eende op die plaasdam. Ek haal my houtsteel knipmes uit en begin vir my 'n stuk biltong kerf. Bees biltong met baie vet nog lekker nat, en ek sien Jonas kom aan, en hy roep more baas Tjan. Ek sien die skadu's hardloop oor my land die son wat hulle jaag. Soos kat en muis en ek sien die laaste keer die suiderkruis. Ek steek my pyp aan. Met my eie mengsel van rum en maypil bietjie boxer en tjerie na smaak, en ek sien hoe die dag voor my besig raak. Hier op my plaas in Afrika.
12
0
spy
Find out more about spy.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content