n skoot vuur in die nag.

09 Sep 2005

·gummo

My lewe flits voor my oë verby. Die dae van my jeug speel voor my af. Gesigte wat ek al van vergeet het lag vir my. Daar was goeie tye. Op ‘n string sien ek almal: Die wie ek mis, wie ek liefhet, almal. Daar’s so baie mense. Ek kry jou gesig tussen die ander. Jy kyk deur my, soos jy altyd het. My hand bewe soos wat ek dit oplig... ...en ek maak die album toe.

20

0

gummo

Find out more about gummo.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.