Nostalgie
Die lotus maan loer deur die bome. Ek gryp daarna, maar ‘n wolk skyf tussen ons in. My verstand disintegreer en word ‘n verlepte blom wat huil. Jou woorde roer my tot trane. Is dit die mooiheid daarvan of is dit die nostalgiese verlange na ‘n tyd wat was? Die son kom uit tussen die reën. Ek skenk geboorte aan myself. My hart is vol diamante met Krishna se lotus voete stewig daarin vasgeplant.
9
0
Elle
Find out more about Elle.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content