Nuwe Asem
Nuwe Asem My lewe hang aan 'n draadjie, en daar ver staan my maatjie. Eens lewensgroot, nou piep klein. Ek swaai my arms - beduie en skreeu vir aandag, maar my maat kan nie hoor... Nou hang ek hier, teen die rotswand se muur - so koud, so hard. Help my iemand! skreeu ek van die bokant. Met my arms lam en my lyf tam. Dan sien ek hom - hy klim en klim, met die son wat helderheid bring. Veilig tot op die skoot van moeder aarde, word ek gedra tot n Nuwe lewe, van voor af met Nuwe asem.
6
0
AnitaG
Find out more about AnitaG.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content