Oordeel....
Die reën sif neer in ‘n warm ontmoeting, ‘n groen lewe sing om my heen, en dan, is dit asof my gevoel my begewe, skielik..my hele wese wat saam met die verligting ween. Wat straal uit my, wat straal uit jou? probeer ek te hard om my siel intevou? elke sproet op my gesig ‘n wanpersepsie, elke oordeelskol ingebrand in my storie. Ek raak aan die glas van my kleurvolle kamer, soms kyk jy, maar sien niks meer as weerkaatsing, daar is ‘n klip in die hoek om die glas mee te breek, maar is ek sterk genoeg om dit so uit te wreek? Stadig kraak my half eensame dop, ‘n gat in die deursigtige stof, waardeur ek soms ongesiens uitkruip, my uitleef tussen sienende vriende. Ek is sterk in my gees, my geloof is my rots, sterker as die oordeels oë, Hy sien in my die ware vreugde, wat my laat lag, huil, en waarin ek glo! Ek wil uitbreek uit die glaskamer, my blomme en sonskyn in almal se harte saai, so vergeet van wat jul almal dink jul weet, en laat jul oordeel saam met die wind wegwaai. 15 Mei 2003
1
0
Camidria
Find out more about Camidria.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content