Oorvriendelik

07 Feb 2008

·morne

Hoe kan ek uiteindelik alles vir woord uitspel wat werklik aangaan? Sal ek begin deur te sê: Soms voel ek die ongemaklike geskud van kloppings gesweet van duislige rooi-angs as jy daar tussen barstoele, pikbruin oë, bottels en krul bruin hare staan? Moet ek uitblaker: Soms as ons praat my gorrel meganies af op geketting aan gemoed wat ontbind, vir n oomblik soos ‘n skoolkind voor die ouer kinders staan ek. Swaar, voel ek wil fluister maar forseer my bors en keelgat vir sinnelose geluide, verspot sit ek daar aansit lag terwyl drank sluk gulp optel en neersit puntloos stilte ban, net bewegings en my antwoorde belaglik dieselfde as die vir ‘n vreemdeling. So spaar jou mooi glimlag, jouself en jou woorde, als wat jy is val vir n oomblik leeg rondom ons. Jy mors net terwyl ek aandagtig worstel, net vir die oomblik, hou aan, eks nou weer bo dit. Maar die slag van die waarheid kom haastig nader en jy sal my duidelik hoor sê: Ek probeer hard vir wit en klokke, myself uiteindelik opgee vir nagte met jou en wiskey en kinders wat slaap. Voor jou sal ek staan en skamelik spoeg ek het jou eintlik al lankal lief! MV

6

0

morne

Find out more about morne.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.