Pole van mekaar
Jy kan nooit ooit weet hoe ek jou mis nie, want my woorde is te min. Ek mis die dae met jou in my lewe, my lewe’t toe begin. Ek en jy is vêr verwyderd, dit voel ‘n duisend myl of meer. Ek sien jou nooit meer elke dag, Díe afskeid maak so seer. Tog sê my verstand vir my dat dinge nooit kon werk. Dis goed dat ek jou nie sien. Ek haat en bemin jou, en het jou nooit verdien. So is dit dan, en gaan altyd so bly: Jy op een punt en ek ‘n ander waar ons mekaar dan nooit sal kry.
19
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content