Rëen

17 Mar 2007

·Poerra

Deur ‘n venster glim die stad druppels teen die ruit omsluit die liggies van verraad wat ontkiem het uit die lus vir geld en mag waarna hul smag wie kan ontsnap uit hierdie leë hap van die dood se brood? Tussen stegies van beton Waai papiere rommel pakkies En word dwelmsmouse vet Deur versmagtinge en leed Om op te eet Die kinders van hul Wat vergeet Om te meet Die gevolge Van daad Iewers stil In die bosveld Verwyder van die swam Van lewenslam verwrongenheid Suig ‘n bokkie aan die speen van mamma Soos sy kou en asem vry na asem inhaal En rëen die druppels groot en fris op lieflik groenigheid Na lank se wag, en sink die water diep in Aardbodem om weereens te ontsnap Stroomaf in ‘n fontein wat opskiet na die son Wonder van die skepping Mis ons elke dag Hier in die stad Die gewillig tralies Van ons eie vernuf Sit af die lig En laat ons Sluimer Slaap 17 Februarie 2007

4

0

Poerra

Find out more about Poerra.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.