Rosie

24 Aug 2008

·Anon

Rosie Die lewe, die lot is in staat daartoe om die mooi dinge te plunder en niks behalwe vaal keurlose voetspore in die stof agter te laat. Is dit werklik wat die lewe vir ‘n Roos kan bied? Wit en swart ... GRYS Grys is wat oorbly na die wrede lewe sy tol geneem het. Was dit maar wit, was dit maar rein, was dit maar skoon en vlekloos. Wit sou ‘n klug wees van die werklikheid en daarom – GRYS. Was dit maar swart, was dit maar diep en donker, emosieloos, vuil en leeg. Dit sou tog soveel makliker gewees het om te haat. Tog is Grys die lot van ‘n Roos, en die lewe onverstaanbaar. Die herfskleure verdwaal in ‘n warrelwind van vrae. Rose vrek in die winter met die doel om net weer te groei. Waarom groei as NIKS Swart of Wit is nie, maar slegs Grys? Wie wil ‘n Grys Roos hê? Die lewe is dor genoeg. Wie sal ‘n Grys Roos met uitgedroogte stingel en duisende dorings pluk? Dorings vir beskerming. Dorings van wederkerende pyn. Dorings vir môre. Dorings vir vandag. Dorings vir gister. Swart of Wit? Was dit maar so eenvoudig. Was dit maar net makliker om uit te deel as om te ontvang. Die lewe, die lot. Die Roos word ontneem van haar sinne van haar kleur. Die Roos word ontneem van die waarheid van Wit en Swart. Die Roos word verontreg. Die Roos word verneder. Die Roos word verpletter. Die Roos word Grys. En die herfskleure verdwaal in ‘n warrelwind van verwarring. Swart of Wit? Wit of Swart? Die lewe. Die lot. Maart 2008

3

0

Anon

Find out more about Anon.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.