Rustig

16 Aug 2005

·spy

Het ek gaan le, of het die rustigheid my uiteindelik in die hande gekry? Kan dit waar wees. Is ek bevry uit die slawerny? Die dowwe beelde wat ek sien van kuiers en slegte vroue raak al hoe bleeker. Die ritme van my hart al hoe stiler. My ilusies nie meer, my denkwyse nugter. My pad so blink soos die aand ster, en ek hoop by myself hierdie pad loop nog ver. Die rustigheid oorval my, en ek snak na my asem. Die lus vir heiden wees het my verlaat. Alles is weg ek het geen meer haat. Die slapelose nagte nie meer. Die gejaag na iets is weg. Kan dit wees dat ek gekry het, iets wat ek nie eers geweet het ek is opsoek na?

19

0

spy

Find out more about spy.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.