Skemer, Gedeeltelik Bewolk
Dis sondagmiddag net so na vyf, skattie. Skemer sak uit oor die dag en dis gedeeltelik bewolk. Op die rante van wit en grys Vloei die warm kleure van iets wat besig is om te fade... 'n Ligte windjie waai deur my blonde hare op die oop vlakte en In die "bome" se blare, kan ek jou amper in my siel hoor fluister. Ek onthou jou iewerste, jou reuk, jou sagkuns, Jou pastel-bruin hare en olyf-bruin oe. Ek onthou dit en nou voel ek jou in my bewe soos jy weg fade... Ek mis jou so, so baie, makkie. Ek wonder waar jy is en wat jy doen Onder die een hemel wat ons twee deel. Dit is gedeeltlik bewolk, skattie, Ek mis jou sonskyn en tog, tog Moet ek jou nou finaal afsien : "Koebaai..."? ... ?? !! ! :'( Koebaai...
8
0
CuldeSac
What are words without understanding and what is understanding without sense?
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content
