Skeur my in Twee

29 Jul 2006

·wndrbees

Met 'n glimlag het jy die wêreld aan jou kant, jou persoonlikheid is verslawend en jy spandeer baie tyd in my gedagte sand. Bang, bekommerd, verlore talente, my siel is verkoop en ek het niks om daarvoor te wys nie. Dit is my spanning. Tussen drie pieke, dwelms, seks en tegnologie.. opgeeët en weer uitgespoeg met verwyte harder as tevore. Gebreukte beloftes hardloop in die spookdorpe van my verstand rond soos besetenis. Kan jy my sien? Met 'n glimlag het jy die wêreld aan jou kant, jou persoonlikheid is verslawend en jy spandeer baie tyd in my gedagte sand. Kan jy my sien? Ek kry die oproep jy het klaar planne vir die aand, jy het geweet hoe belangrik dit vir my was maar op 'n marshmallow bed is dit makliker om my net nie op te let nie. 'n SMS as ek wakker word, 'n lys verskonings my troos prys, ek kyk weg en lê verder op my spyker bed, ek is tuis.

14

0

wndrbees

Find out more about wndrbees.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.