Soutbalsem
ek haat jou kil, harde landskap van wit kristal is kaal sout wat dans in die son dans vir Helios, tergend treiter jy; triomf in my verdorring: die enkelboom in versengende hitte het omgeval en is gebalsem. 'n suiwer kors is wit en rou, en kraak met die geringste raak en ontbloot die grein wat smekend om genade bid as gebede na-doods 'n stem mag hê.
7
0
Heinrich
Find out more about Heinrich.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content