Spieëlbeelde

25 Jul 2005

·gummo

Die lewe is ‘n legkaart, gemaak van stukkies glas. Herstel die legkaart stuk vir stuk, soos wat dit eenmaal was. Maar soos jy sit en werk, en stadig aan sal hou, kom jy agter na ‘n ruk, die stukkies sny vir jou. Elke druppel bloed se gapende wond en sny, is in der waarheid, my geliefde, ‘n deel van jou en my. Want die lewe is mos pyn en lyding, almal sinoniem. En elk van ons kry ons beurt, ongeag of jy dit verdien. As ek my legkaart dalk kan herstel tot sy vorige prag, weet ek watter prentjie ek dan dalk sal kan verwag: ‘n Spieëlbeeld van jou en my, soos dinge eenmaal was. Maar jy’t my spieël gebreek my liefling. Dis alles net oor jou... Dag in en uit sit ek om, met hierdie taak so grou. Herstel die legkaart stuk vir stuk, soos wat dit eenmaal was. Die lewe is ‘n legkaart, gemaak van stukkies glas

26

0

gummo

Find out more about gummo.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.