TRANE EN DONKER WOLKE

11 Jan 2009

·bravery

TRANE EN DONKER WOLKE Dis stormagtig op my stoep, en die berge frons. Ek dink aan jou, en verlang na ons. Die wolke is versadig, en drup-drup al, maar nie ek nie, tog weet ek ek sal. Dis koud, dis ysig…en my hartseer help nie. Dis die storm. Dis die winter. Dis die… Die wind lei die winter, endie storm se trane. En so lank as wat ek kan onthou, lei my hart myne. Diep damme vorm, dis diep, dis diep en modderrig. Ek is veilig van die stormvloede, maar ek sug, want hier bo verdrink ek in my hartseer en trane… omdat dit net gister was, maar dit voel soos maande. My trane verdamp terug wolke toe, en ek wil saam! Ek wil saam ontsnap, vlug, hardloop, weggaan. Maar ek moet bly, want almal verwag wyn van water by my. Ek wens hulle wil omdraai. Weggaan. Weg bly. Jou gesig was so mooi, ek was so tuis in jou nek… en jy weet jy kon nog altyd begeerte by my wek. Ten spyte daarvan het ek alles weggegooi, met rede, maar tog… Wen ek die stryd, maar verloor die oorlog. Chantelle Grobler Mei 2007

2

0

bravery

Find out more about bravery.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.