Tronk
Ek tuur deur die tralies van my wimpers gehok in die sel van my skedel vasgevang in idees van my identiteit die wasige woesterny wat ek self noem Gedoem tot die reaper my kry. ************************************************ Ek sien jou gluur dag na dag deur die tralies van jou wimpers. Ek sien die lewensvuur wat daar agter brand (gehok). In die kaste van jou skedel tronk, sien ek vensters wat met inspirasie pronk. "Vasgevang in idees van identiteit." Solank jy net nooit iets mis wat dryf tot verwyt. Jy sê gedoem? Ek sê ek kan jou die definisie van lewe noem! ************************************************ Die eerste deel is deur myself geskryf, die tweede deel het 'n vriend vir my ge-email in antwoord daarop.
9
0
i_am
Find out more about i_am.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content