untitled
ek onthou 'n tyd in my lewe toe ek nog na emosie gestrewe het so tussen die boom en die bas was ek toegedraai met niks te tas, geen regte seerkry het my geknie en van ware geluk weet ek ook nie. 'n Lewe van Bourgoise in die middel, soek ons emosie. Of so het ek gedink; op my mondigwording is my bitter glas geskink en depressie, die tasbaarheid van die dood het my omvou en laat sink soos lood. Geveg het ek, tot bo, asem gedrink in ekstase wat min sal glo. Maar die oorlog is allermins verby, die lood se ketting bly nog doodse gal swart dreig vir my.
14
0
Anglaran
Find out more about Anglaran.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content