Verstote Liefde
Verstote Liefde Verlam tot in my siel, staar ek met verstokte oe blind na niks - die ontkenning van die bittere waarheid `n innerlike stryd tussen hart en verstand. Ekwil my hart om te wen maar my verstand kry die oorhand om my hart - soos `n geswolle sweer - met `n coup de grace te laat oopbars. En die verstote liefde se pyn vernedering hartseer verlange dreineer uit die wond wat my hart is. Demoniese snikgeluide skeur uit my binneste; trane val nat op my arms wat my lyf in diepe smart omvou.
2
0
Pardus
Find out more about Pardus.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content