Vrees vir die onbekende
Wat is daar na híerdie lewe? Gaan dinge blootweg aan? Die vrees in my laat my so bewe; die vrees is dat ek sal vergaan. Bly jou siel voortaan leef? Of word dit ten einde duister? Om voort te gaan is waarna ek streef; wat ek in my diepste wense fluister. Jy word groot en word vertel van God en die Ewige Lewe. "In geloof sal jy jou prys ontvang: Tot die hemele word jy verhewe." Maar díe van ons wat so twyfel, om net te glo is nie genoeg. Kan ons ooit glo wat ons nie sien, en aan hoop verder te swoeg? Hoe verleidelik daardie siening. O hoe wens ek dat ek kan glo! Om aan hierdie droom te swoeg en sweet, ek kort al die hulp van bo!
17
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content