Waar is my God

22 Apr 2005

·spy

Gister is verby en hier sit ek weer in my kantoor, besig met die tegnologie van more. Waarom my God het U die mensdom verlaat. Kan dit wees oor al die haat die hi-jackings die lieg en bedrieg? Die SEER wat ons mekaar aandoen? Of is dit dalk die rook wat oor ons stede hang die besoedeling die siektes die sektes? Ek is verwar en in twee geskeur. Ek wil nie meer. Waar is U ek het so baie vrae, is SO verward, ek voel naar en rusteloos en dit maak my nog meer boos. Die mense om my wat altyd skarel en rondhardloop altyd besig soos klein miertjies, dan is hulle hier dan is hulle daar, met al hulle haat wat hulle saam dra. Waar is U my God in my oomlik van donker en waansin? Die pyn in my hart wat klop, soos 'n tydbom. Gaan U my dan nie kom verlos nie? Kan dit wees oor ek nie U huis besoek nie. Maar ek het dan gedink U verstaan. U huis is mos nie tussen vier muure nie. Ek kan mos my God kry net waar ek wil. Of is U te bang om uit U huis te kom as gevolg van alles wat aangaan buite die vier muure? Asseblief my God. HOOR my pleit en bevry die mensdom van al die pyn om U wil...

13

0

spy

Find out more about spy.

Comments

Sign in or sign up to comment on this poem!

Poems by style

Poems by content

About MyPoetryForum

If you enjoy poetry, this forum is the ideal place for you to read new poems, meet the authors and improve your own poetry by judging and discussing the poetry of others.