weet nie wie ek is nie
soos morfien gly die beelde van jou woorde in my sinapses rond. was ek dit wat jy sê, het ek myself uitverkoop, wat het hierdie plek aan my gedoen? soek iemand om my te sien vir wat ek is, los my in die hoofpad van die siel-loses, betwis, verlos van kreatiwiteit, ek is. die blootstelling het my ingesluk, ek het gesweer dit sal nooit gebeur, maar bietjie vir bietjie is ek in die afrikaner hemel in geoksideer, my persoonlikheid geadsorbeer en verwyder soos die vet laag wat die water se voorkoms opfok. suig my uit, ek soek niks meer van hierdie wrede vriendelikheid. ek het erens myself verloor en ek soek hom terug.
2
0
wndrbees
Find out more about wndrbees.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content