wegkruipertjie
Wegkruipertjie Sy kruip weg Sy kruip weg agter die mense Haar mense Haar vriende Haar DOOD. Dit is ‘n gevaarlike GAME, maar tog speel sy SAAM Haar mense Haar vriende Hul speel baie strategies saam, of dit kom so voor. Daar word afgetel En hul vlug Hul vlug na die wêreld. Sy kruip weg agter mense. Haar mense. Maar die Een wat soek sien deur haar. Dwarsdeur. Tyd is verspeel! Die Een wat soek Vang haar Neem haar terug na waar sy hoort. Sy’t vir so lank weg gekruip, sy’t vir so lank bly vlug... en sy is bang, bang vir wat sy in die oë-sien. Die oë lieg nooit! Sy verwag, Woede, Teleurstelling, Pyn. En sy wil nie durf waag op kyk Sy staar na die vloer en wag Wag vir haar Straf Stilte ... Stilte wat deur haar sny. Stilte wat haar deurboor. Haar straf, Rooi, oranje en geel gesiggies wat voor haar dans Hul lag en geniet wat hul doen. Sy sien ander, ander wat ook saam met haar gespeel het. En sy kyk, sy kyk na hul oë. Die vensters van wie jy werklik is. Pyn Teleurstelling Regret PYN Rooi, oranje en geel gesiggies staar haar met verwagting aan. Hul wag dat sy saam kom speel. Hul neem haar hand en lei haar na hul speelgrond. Speelgrond van verderf en DOOD. Sy besef dit is te laat , tyd is verspeel Game Over. Maar die Een wat soek hou haar dop. Die Een wat soek kyk vir haar. En sy is Bang. Bang vir oogkontak. Die oë lieg nooit. Sy lig haar ken van die vloer, van die entoesiastiese gesiggies - rooi, oranje, geel. Van die wat saam gespeel het. Sy kyk op om te sien. Maar die Een wat soek is te ver sy sien NIKS. Sy ruk haar hand los van die gesiggies. Sy vlug en vir die eerste keer in ‘n lang tyd vlug sy vir die regte redes. Sy struikel en val met haar gesig in die stof – STOF – AS As en rook in martel en pyn. Die gesiggies hardloop na haar - daar is niemand om agter weg te kruip Die mense Haar mense Haar vriende Almal het haar verlaat Sy is alleen. Gesiggies gryp haar aan haar enkels En sleep haar agter hul aan. Sleep haar deur, Stof en klippe as en haat wrokke en bloed, bloed wat drup van die wonde van al die deelnemers waarvoor dit reeds te laat is. Sy SKREEU - soos die splinters van mense in haar vlees afbreek. Sy SKREEU - soos die bloed uit haar wonde stroom. Soekende , kyk sy om haar rond NIKS! En sy kyk op om die hand te sien van die Een wat soek. Sy twyfel. Sy gryp na die Een wat soek en smeek hom om haar nie te LOS. Die Een wat soek ruk haar los uit die arms van die gesiggies. Die Een wat soek vee die stof – as bloed en haat van haar af. Die Een lig haar ken van die vloer en staar stip na haar. Die oë lieg nooit! Sy sien genade en hoop vertroue en verwagting LIEFDE. Liefde wat geen een verdien. Liefde sonder perke – geen grense ONVOORWAARDELIKE Liefde Game Over Sy wil nie meer deelneem aan die nuttelose spel van die wêreld Sy wil nie meer vlug Sy wil hierdie liefde ervaar Aanvaar. En sy gaan terug na die wêreld Maar om te soek En die mense vlug Haar mense Haar vriende Die DOOD.
8
0
Anon
Find out more about Anon.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content