welkom in my nagmerrie
In die nagtelike uur, onversteurd en stil, kom gedagtes wat maal in donker gehul. Gedagtes van nyd, woede en vrees. Gedagtes van pyn en geskroeide vlees: Kulkatta swem voor my met haar stink agterstarte. Politici sit agteroor en bars uit hul nate. Verkragting en moord, mishandeling en bloed. Dis wat die nuus ons om sewe mee voed. Straatkinders op hoeke wat snuif aan hul gom, Terwyl ek net hier lê en wag vir slaap om te kom. Die wêreld skreeu, en ek kan nie slaap nie.
17
0
gummo
Find out more about gummo.
Comments
Sign in or sign up to comment on this poem!
Poems by style
Poems by content